Dwaalkoeël eis LEAP-beampte

(Foto: Twitter)

ʼn Lid van die Wes-Kaapse regering se program vir die bevordering van wetstoepassing, beter bekend as LEAP, is Sondag in Mitchells Plain doodgeskiet.

Toufeeq Williams was nie aan diens nie. Hy het saam met sy jong dogter in Beacon Valley gestap toe ’n dwaalkoeël hom omstreeks 12:30 getref het. Williams is in die kop getref en op die toneel dood verklaar.

Daar word vermoed dat die voorval bendeverwant is.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê die skietery het op die hoek van Trampoline- en Cadillacstraat plaasgevind. Niemand is al in verband met die skietery in hegtenis geneem nie.

Die Mitchells Plain-polisie ondersoek ’n saak van moord.

JP Smith, die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, het Sondag sy medelye met Williams se naasbestaandes betuig.

“Ons gedagtes en gebede is met die beampte se geliefdes in hierdie moeilike tyd.”

Williams was ten tyde van sy dood verbonde aan die LEAP-program in Hanover Park. Die Wes-Kaapse regering se LEAP-beamptes word gereeld geprys vir hul aandeel in die bekamping van misdaad in die provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Di ·

Innige meegevoel aan sy familie en vriende. SO sterf BAIE onskuldige mense in die land elke dag vandat die korrupte ANC regering die land oorgeneem het. Misdadigers het die land oorgeneem en die koruupte spul is almal so stil soos die graf.

George ·

Daar is baie wat na die ANC so doodgaan, maar moenie vir een oomlik dink dit het nie vroeer gebeur nie. Onthou net, baie van daai moorde in ons gebiede is nooit eers geregistreer nie.

Sarel ·

Dwaalkoeël….???
Daardie kindxsal met die Trsuma moet saam leef vir die res vsn haar lewe..

George ·

Ian Cameron moet die verskille begin leer. Groot verskil tussen “gunned down” en “caught in the crossfire” maak dit nie minder hartseer en tragies nie. Maar Ian is bekend vir sy vreeskweek en rasaangedrewe stellings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.