Mej. Amerika-kompetisie fokus nou op ‘innerlike skoonheid’

Mej. Amerika (Foto: AP/Mel Evans)

Die Mej. Amerika-kompetisie gaan die swembroek-afdeling van die kompetisie skrap, asook meer verwelkomend vir vroue van alle groottes wees.

Gretchen Carlson, die voorsitter van die Mej. Amerika-direkteursraad, het Dinsdag op die televisieprogram Good Morning America aangekondig dat dié skoonheidskompetisie nie meer ʼn swembroek-afdeling gaan hê nie.

“Mej. Amerika sal ʼn kompetisie wees, níé ʼn skoonheidskompetisie nie. Ons sal nie meer die kandidate op grond van hul uiterlike en fisieke voorkoms beoordeel nie. Dis ʼn massiewe stap!” het sy gesê.

Die Mej. Amerika-kompetisie gaan ook meer inklusief en vir “vroue van alle groottes” wees.

Mej. Amerika 1953. Dié kompetisie het al vir meer as 90 jaar ‘n swembroekafdeling. (Foto: missamerica.com)

Volgens die organiseerders sal deelnemers nou, in plaas van die swembroek-afdeling, interaktiewe sessies met die beoordelaars hê waartydens “sy alles wat sy al bereik het, haar doelwitte in die lewe, haar talente, passie en ambisie om die rol van Mej. Amerika aan te neem, kan uitlig”.

Die swembroek-afdeling van dié 97-jarige kompetisie is nie die enigste ding wat gaan verander nie, maar ook die aandrok-afdeling.

Carlson het gesê die deelnemers sal nou kan dra “net wat hulle wil”. In dié afdeling sal die deelnemers moet bespreek hoe hulle hul sosiale-invloed-inisiatiewe sal verbeter en uitbrei. Die talentafdeling van die kompetisie bly dieselfde.

Volgens Carlson sit die bekende #MeToo-beweging agter dié groot veranderinge.

“Ons ondervind ʼn kulturele rewolusie in ons land, waar vroue die moed kry om op te staan vir hulself en hul stemme oor baie kwessies laat hoor. Die Mej. Amerika-kompetisie is trots daarop om as organisasie te ontwikkel en deel te wees van die bemagtigingsbeweging.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Oorgewig ·

Help ook nie sy het n hart van goud maar sy is oorgewig en ongesond nie… Sy IS nogsteeds n rolmodel vir jong meisies.

“Innerlike skoonheid” is ieg nie iets wat jy op die runway mee spog nie…

Valerie ·

Kan nie wag die die snert heeltemal gestop word nie. Wat is die doel daarvan, in elk geval? “World peace”? Asseblief tog.

Ryno ·

Ek dog hulle gaan van die swemklere ontslae raak.
Amper het ek nou opgewonde geraak.
Ai tog.

Kaptein ·

“Alle groottes” is ‘n gevaarlike term in Amerika ;-)
Nou kan hulle seker maar ook Mej Walmart skrap en inkorporeer by hierdie “kompetisie”.

bolla ·

Belaglik. Gelukkig kan bie “uiterlike skoonhede” darem iets wys in die aandrok-afdeling. Laasgenoemde afdeling kan interessant raak.

Henk Brand ·

Die aandrok-afdeling val blykbaar ook weg. Kan nie eintlik sien dat die kompetisie in die toekoms baie aftrek of befondsing gaan kry nie, ook nie TV-uitsending nie.

madels ·

Plaas dat hulle eerder hul Presidente kies volgens persoonlikheid en wat hul al bereik het in die lewe….

Flippie ·

Nie dat ek dit kyk nie, maar dis interessant dat die terugbeweeg na n meer konserwatiewe kleredrag niks met n waardestelsel verbetering het nie, maar met kulturele marxisme wat eintlik onderdrukkend en voorskriftelik, en nie bevrydend is nie.

So bv het die onlangse aanval van die ekstreem linkse feministe op die sg “glansmeisies” van Formule-1 wedrenne gelei tot die afskaffing van diè glansrolle. Die glansmeisies, asook vroulike F-1 renjaers het egter baie hard teruggekap en dié feministe laat verstaan dat hulle dit àlles vrywillig doen omdat hulle dit geniet en glans aan die geleentheid verskaf en hulle hulself defineer en nie laat voorskryf deur onversorgde, hoë-LMI afgunstiges.

Bewaar menseregte, waak teen die fascisme van Kulturele marxisme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.