Mooigoed vir ma dié Kersfees

Argieffoto (Foto: rawpixel/Pixabay)

Sy is die een wat alles weet en wat enigiets kan doen. Sy is langs die sportveld of in die gehoor as jy ʼn prestasie vier en sy is daar as jy ʼn drukkie of ʼn pleister nodig het. ʼn Ma is die kern van die gesin, die steunpilaar, die staatmaker.

Maroela Media se aanlyn winkel, Die Koöperasie, het spesiaal vir Kersfees ʼn paar geskenke met die hand uitgesoek waarmee jy die ma in jou lewe mee kan bederf. Dis mos nou stukke beter as net nóg ʼn roompie of pantoffels.

En selfs al is sy nie ʼn ma nie, dan kan jy haar nog steeds met dié mooigoed bederf.

Geskenkpak vir Ma

Geskenkpak vir ma in Die Koöperasie

Jy hoef nie dié jaar kop te krap wat om vir Ma vir Kersfees te koop nie – ons het die dinkwerk sommer namens jou gedoen! Hierdie geskenkpak is alles wat jy nodig het om vir haar te wys hoe lief jy haar het.

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R349-00 

Bekers wat rym

Bekers wat rym vir ma in Die Koöperasie

Is Ma net so lief vir haar boeretroos as wat sy vir haar eie kroos is? Bederf haar met dié Kersfees met hierdie stel unieke bekers. Elkeen van die bekers in dié eksklusiewe stel spog met ʼn strofe uit CW Joubert se gedig, “Nuttige Reseppe”. Daar is nie ʼn enkele spelfout nie – dis presies hoe Joubert dié gedig neergepen het.

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys vanaf: R285-00 

Boereporselein-eetstel

Boereporselein-eetstel in Die Koöperasie

Is Ma lief vir piekniek hou of om tafel onder die sterre te dek? Bederf haar dié Kersfees dan met hierdie Boereporselein-eetstel en bewys jou liefde aan haar, ons taal en ons mooie natuur.

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys vanaf: R299-00 

Spesiale T-Hemp vir Ma

T-hemp vir ma in Die Koöperasie

Is Ma die anker van julle gesin? Die skouer waarop jy kan huil, die een wat graag luister as jy enigiets met haar wil bespreek – of dit sommer net muisneste of selfs iets meer ernstig is soos volgende week se eksamen waaroor jy bekommerd is, en die een wat alles in haar vermoë doen om vir haar gesin te sorg? Haar kinders lag lekker vir hierdie T-hemp, want ma se vernuf in die kombuis is duidelik te sien in pa se boep. Klink dit soos jou ma? Bederf haar dan hierdie Kersfees met hierdie unieke T-hemp.

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R125-00

Maroela-vellies

Velskoene in Die Koöperasie

Opskud, dit is byna jou laaste kans om nog voor Kersfees ‘n paar velskoene vir ‘n geliefde aan te skaf. Ma gaan dol wees oor dié paar vellies – van hardloop agter kinders aan tot kuier by haar vriendinne of wanneer sy fênsie wil lyk as sy by die kerkbasaar met haar jongste borduurwerk spog.

Koop dit nou in Die Koöperasie
Prys: R699-00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.