Skryfnet-mediaverklaring-werkswinkel: Wen ʼn R30 000-advertensieveldtog

 skryfnet-mediaverklaring-kompetisie-jan-2023.jpgSukkel jy om jou produk of diens te bemark omdat jou kommunikasie nooit die nuus haal nie? Twyfel jy of dit ooit nog ʼn goeie idee is om mediaverklarings uit te stuur?

Ons het vir jou die perfekte oplossing en antwoord!

Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, bied op 31 Maart 2023 ʼn aanlyn oggendwerksessie aan waar jy kan leer presies hoe om die perfekte mediaverklaring te skryf.

Maar dis nie al nie! Ondernemings wat vyf of meer personeellede inskryf, staan ook die kans om ʼn advertensieveldtog op Maroela Media te wen, ter waarde van R30 000! Meer as 2 miljoen lesers besoek maandeliks Maroela Media en dit is dus die ideale geleentheid om jou diens of produk aan die Afrikaanssprekende mark bekend te stel.

Die Skryf ʼn mediaverklaring-werkswinkel word regstreeks aanlyn aangebied deur Elaine Krige, een van Maroela Media se nuusredakteurs. Deelnemers kry die nodige kennis en praktiese vaardighede om in-die-kol mediaverklarings te skryf wat nuusredakteurs se aandag sal trek. Maak seker jou mediaverklaring beland nie weer in hulle snippermandjie nie!

As jy ʼn kommunikasiepraktisyn of entrepreneur is wat graag vir jou kliënte of onderneming meer blootstelling wil gee, is hierdie werksessie ʼn móét.

Dié regstreekse sessie vind op 31 Maart 2023 van 09:00 tot 13:00 plaas.

Om jou plek te bespreek, klik hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, ontvang jy ʼn e-pos met verdere inligting om by die aanlyn sessie in te skakel. Ons versoek dat jy ook ʼn mediaverklaring, wat julle vroeër gebruik het, as voorbeeld sal indien.

Deelnemers wat die werksessie voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia.

Inskrywings sluit op 30 Maart 2023. Koste beloop slegs R500 per persoon en afslag is beskikbaar vir groot groepbesprekings. Dit is beslis die moeite werd om seker te maak jou volgende mediaverklaring is ʼn spogproduk!

Besoek gerus Skryfnet se webblad vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

  • Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.