Wen groot met jou troeteldierfoto!

(Foto’s: Pixabay)

Ons troeteldiere is deel van die gesin – of dit nou hond, kat, papegaai of troetelvarkie is. Hier is jou kans om ʼn lekker kontantbonus in jou sak te steek met ʼn foto van jou troeteldier!

Wat kan jy wen?

  • Die algehele wenner ontvang uiteindelik R3 000 kontant (R1 000 as kategoriewenner en ʼn ekstra R2 000 kontant as algehele wenner) met ʼn skenking van R2 000 aan jou gunsteling-liefdadigheidsorganisasie.
  • Elke kategoriewenner ontvang R1 000 kontant
  • Twee persone wat deelneem (jy hoef nie noodwendig ‘n kategoriewenner te wees nie) sal elkeen ook ʼn geskenkpak ter waarde van R2 500 van dotsure.co.za wen. Dié twee geskenkpakke bestaan elkeen uit die volgende:
    • Vier Le Creuset-bekers
    • Een Le Creuset medium hondebak
    • Een dotsure.co.za-kombersie
    • Een dotsure.co.za-strikdas
    • Baxter & Co: Twee klein/medium bandanas, leer halsband (medium)
    • Mimi & Munch: Lekmat en wortelsnoep-sakkie
    • EcoWag: Groot speelgoedbal en ring
    • Lindt-sjokolade (vir die mense in die huis, natuurlik)

Wie is Dotsure.co.za?

dotsure.co.za bied uitstekende kliëntediens en produkte wat by elke kliënt se behoeftes pas. Elke keer wat dotsure.co.za met ʼn kliënt gesels is die belangrikste doel om seker te maak dat hulle ʼn positiewe ervaring het. “We create fans, not policyholders.

Vir troeteldier-, motor- en besigheidsversekering, besoek www.dotsure.co.za vir ʼn verpligtingvrye kwotasie.

*Dotsure Limited (Reg. nr. 2006/000723/06) is ʼn gelisensieerde nie-lewensversekeraar en gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (FSP39925).

Só werk dit

Daar is vyf kategorieë waarvoor jy jou troeteldier kan inskryf. Stuur ʼn foto van jou troeteldier aan ons voor 1 November 2021.

Die beste foto’s uit die vyf kategorieë sal dan deurdring en die publiek sal vir hulle gunstelinge in die onderskeie kategorieë kan stem.

Die vyf kategorieë waarvoor jy kan inskryf, is slapende diere, oulikste gesiggie, mooi van lelikgeit, ek lyk soos my dier en snaakse oomblikke.

  • Die foto wat die meeste stemme kry, word as kategoriewenner en algehele wenner aangewys, en kry R3 000 kontant (R1 000 as kategoriewenner en R2 000 as algehele wenner) en R2 000 sal aan ʼn liefdadigheidsorganisasie van jou keuse geskenk word.
  • Die foto’s in elke kategorie wat die meeste stemme kry sal as die kategoriewenner aangewys word en elke kategoriewenner ontvang R1 000 kontant.
  • Twee persone wat aan die kompetisie deelneem, sal ook elkeen ʼn geskenkpak ter waarde van R2 500 van dotsure.co.za wen. Jy hoef nie noodwendig ‘n kategoriewenner te wees om in aanmerking te kom vir dié heerlike geskenkpak nie.

Skryf nou in

Oops! We could not locate your form.

Bepalings en voorwaardes

  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die dotsure.co.za-geskenkpakke kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Maroela Media hou die reg voor om enige van die kategorieë te skrap indien daar nie genoeg inskrywings in ʼn spesifieke kategorie ontvang word nie. Die prysgeld sal dan gelykop tussen die wenners verdeel word.
  • Daar is uiteindelik sewe wenners: die algehele wenner (wat ook ʼn kategoriewenner sal wees), die oorblywende vier kategoriewenners en twee persone wat elkeen ʼn dotsure.co.za-geskenkpak wen.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklik gehou word as jou inskrywing ons weens tegniese redes nie bereik nie.
  • Maroela Media sal die kontant in die onderskeie wenners se bankrekeninge inbetaal.
  • Die algehele wenner kan self kies watter liefdadigheidsorganisasie hy/sy wil ondersteun en Maroela sal self die kontant in dié organisasie se rekening inbetaal. ʼn Bewys van dié oorbetaling sal aan die wenner verskaf word.
  • Die wenners se name en foto’s sal op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Jy kan vir meer as een kategorie inskryf, maar jy mag slegs een foto per kategorie inskryf.
  • Slegs lesers wat in Suid-Afrika woon of wat ‘n Suid-Afrikaanse bankrekening het kan in aanmerking kom vir die pryse.
  • Jy moet ouer wees as 18 om aan die kompetisie deel te neem.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, stem jy in dat jou foto, naam en dorp/stad waar jy woon op Maroela Media en op sosiale media gedeel mag word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.