Wen kontant vir Kersfees van Maroela!

Argieffoto (Foto: Jill Wellington/Pixabay)

Met brandstofpryse wat die hoogte inskiet, wêreldwye probleme wat die ekonomie lamlê en ʼn jaar wat baie langer as net die gewone 12 maande gevoel het, het Maroela vir ons lesers goeie nuus!

Vier gelukkige Maroela-lesers kan elkeen ʼn Kersfeesbonus van R4 000 kontant wen.

Jy kan dié geld spandeer net soos wat jy wil. Dalk wil jy graag vir jou kinders Kersgeskenke koop, dalk wil jy jouself of jou geliefdes met iets spesiaal bederf, of dalk kan die bonus help met opknappingswerk aan jou huis – dit is joune om te gebruik!

Maak seker jy skryf in voor 11 Desember 2022 en staan die kans om ʼn kontantbonus van R4 000 te wen!

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Desember 2022 om 23:45.
  • Die wenners sal in die week van 12 Desember 2022 op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die wenners moet ʼn Suid-Afrikaanse bankrekening hê waarin die kontant gedeponeer kan word.
  • Maroela Media sal die wenners telefonies en per e-pos kontak om die bankrekeningbesonderhede te bekom.
  • Die vier wenners se name sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.