In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Mia Slabbert met Ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare oor die gebroke wêreld en hoe ’n huwelik en ’n verhouding kan oorleef in sulke omstandighede. Die vraag word gevra oor hoe die huwelik kan oorleef in ’n gebroke wêreld tussen twee sondaars. Is daar hoop? Daar word veral gekyk na wat ons kan doen en na die klein jakkalsies wat die wingerd kan verniel.