In hierdie uitsending van “Hoe maak mens?” gesels Susan Botha met ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare verder oor die volgende fases van die oes van onvergewensgesindheid.
Nadat gemaklike patrone onwikkel het in fase twee, word verdedigingsmeganismes vasgelê. Dit is die sogenaamde fase drie. Mure word gebou en daar word boekgehou van die kwaad as ammunisie om aan te val en die ander party by te kom.
Ds. Deon verduidelik hoe fase vier van “ek-hou-nie-meer-van-jou-nie” ontwikkel uit hierdie oorlog. Daar is verskeie tekens wat hierdie fase kenmerk. Wat altyd onthou moet word, is dat mense nie volgens die feite van hulle ondervinding leef nie maar volgens hulle persoonlike interpretasie van die feite. Hierdie oorlogpad lei na verwoesting, maar daar is altyd hoop.
- “Hoe maak mens” is ʼn weeklikse klankinsetsel waar ds. Deon van der Berg van Lewensverryking Seminare met verskeie kenners oor huwelike en verhoudings gesels.