Luister: Hoe renosters deur lugbesoedeling in China geraak word


Bonné de Bod tydens haar soektog na renosterhoring in Asië. Foto: Verskaf.

Bonné de Bod tydens haar soektog na renosterhoring in Asië. Foto: Verskaf.

Lugbesoedeling in China het ʼn impak op renosters in Suid-Afrika en elders in die wêreld.

Só vertel Bonné de Bod wat verduidelik hoe lugbesoedeling in China toegeneem het as gevolg van die miljoene ‘mini-motorfietse’ in Suidoos-Asië, met Hanoi wat die mees besoedelde stad in die streek is. Die sig in die stad is nou soms slegs 1.5 km en die Amerikaanse ambassade meet daagliks die lugkwaliteit ter wille van die inwoners en hul eie werknemers.

Volgens de Bod was besoedeling ’n paar jaar gelede nie ter sprake nie, want inwoners het met fietse rondgery voor dit met die miljoene mini-motorfietse vervang is.

Kanker neem geweldig toe en van dié kankerpasiënte meen hulle kan van renosterhoring gebruik maak om hulleself te genees. Dokters beveel dit egter nie aan nie. De Bod het met ʼn onkoloog en gebruikers van die renosterhoring gepraat.

Lees alle vorige berigte oor STROOP- die film op Maroela Media.

Bonné De Bod

Meer oor die skrywer: Bonné De Bod

Bonné de Bod is ’n bekroonde televisieaanbieder en vervaardiger van die dokumentêre rolprent STROOP – Journey into the Rhino Horn War wat talle internasionale pryse verower het. Sy het nou haar visier op lugbesoedeling in haar volgende dokumentêr wat in 2021 vrygestel word.

Deel van: Karmenaadjies, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann Barnard

Graag, wil ek net vir Bonne de Bod en haar span wat so hard werk, BAIE DANKIE sê dat hulle ons op ‘n gereelde basis opdatum hou! Daar is baie viervoet kinder liefhebbers hier in die wêreld, wat dit met opregte harte waardeer. Dit is al hoe ons op hoogte bly van wat aangaan! Onsinnige moord op onskuldige niks vermoedende diere is ‘n euwel!!! Net soos om ‘n mens blatant te vermoor, verdien die DOODSTRAF!! MAAR dit het so algemeen geraak dat dit nie meer snaaks is nie, vat bv PLAASMOORDE, maar net nog “n moord, net nog ‘n plaasaanval,… Lees meer »

Maria van Dieweeck

Amen

Elbri

Dankie Johann. En dit was eers vir opkikkers, nou vir kanker!!?? Wat sal volgende wees.