Nóg ʼn Leonardo da Vinci opgespoor

Die Leonardo da Vinci-inskets (Foto: New York Times/Tajan)

Die Leonardo da Vinci-inskets (Foto: New York Times/Tajan)

Toe ʼn afgetrede mediese dokter in Frankryk onlangs sy oorlede pa se kunsversameling na ʼn kunsafslaer geneem het, het hy nooit verwag dat een van die tekeninge in die versameling ʼn oorspronklike Leonardo da Vinci-inskets met ʼn waarde van meer as R210 miljoen rand sal wees nie.

Die tekening is ʼn ekspressiewe studie van die gemartelde St. Sebastiaan en beeld die heilige uit as vasgemaak aan sy hande en voete en sy oë pleitend na die hemel gerig.

Aan die agterkant van die tekening is ʼn klompie geskrewe brokkies en ʼn paar sketse wat geskiedkundiges en kurators gehelp het om die herkoms van die stuk vas te stel.

Die eienaar, wat anoniem wil bly, het egter ʼn verbysterende reaksie op dié nuus gehad toe hy deur Thaddée Prate, die kurator van die Tajan-afslaer, ingelig is. “Ek is baie bly. Maar ek het ander belangstellings in die lewe as geld,” het hy aan The New York Times gesê.

Carmen C. Bambach, kurator van die Metropolitan Museum of Art, het aan dié koerant gesê sy vermoed die inkskets dateer sover terug as die 1480’s.

Die laaste keer dat ʼn werk van Leonardo opgespoor is, was in 2000.

Bron: New York Times

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.