Met “Ek wil die Here loof” begin en eindig hierdie Psalm.
Ons kla soms, maar Dawid gee vir ons ‘n hele lys sake waarvoor ons die Here moet loof! Vir sy liefde,vergifnis, genesing, redding, ontferming, genade, regverdigheid, geduld, teerheid… Hoe moeilik dit ook met jou gaan, daar is altyd ook rede om die Here te loof. Mag jou lewe vandag ‘n loflied wees! (Lees Psalm 103)