Die gelowige se prys is nie ‘n goue trofee soos by rugby nie.
Ons ontvang ‘n “hemelse prys (Fil3:14), ‘n “onverganklike oorwinnaarskroon” (1 Kor 9:25), “die ewige lewe as prys” (1 Tim 6:12), ‘n “oorwinnaarskroon, die lewe by God” (2 Tim 4:8). Hierdie ewige, onverganklike prys maak deelname aan die geloofswedloop die moeite werd!
Met vergunning van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek gerus hulle webtuiste hier.