“In die begin was die Woord daar en die Woord was by God, en die Woord was self God… die Woord het mens geword en onder ons kom woon.”
Die Goeie Nuus van die nuwe bedeling (Nuwe Testament) is dat God nou self, deur Jesus Christus weer nuut met die wêreld begin en die verhouding tussen ons en Hom herstel. “Dié wat in Hom (Jesus) glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” LOOF HOM! (Lees Johannes 1:1-18)