Lees: Nehemia 9:6-12
U het die hemel gemaak, die hoogste hemel en sy hele leërmag, die aarde en alles daarop, die oseane en alles daarin. U laat hulle almal lewe; die hemelse leërmag buig voor U. (Nehemia 9:6)
Omdat ons mense is, kan ons ons nie voorstel hoe die hemel is nie. Johannes se beskrywing in Openbaring van ’n plek met goue strate, pêrelhekke en fondamente van edelstene is maar beeldspraak as ’n poging om ons ’n idee te gee van die onbeskryflike heerlikheid wat eendag ná hierdie bedeling vir ons voorlê. Al kan ons nie nou al naastenby weet hoe dit sal wees nie, het die meeste van ons tog ’n gedagteprentjie van groen velde, ewige geluk en God se teenwoordigheid.
Daar is wel al baie boeke oor die hemel en hoe dit daar is, geskryf deur mense wat beweer dat hulle self daar was. Ek sukkel egter om dit ernstig op te neem. Vir my is dit genoeg om te weet dat daar ’n hemel ís, ’n plek waar ons eendag ná ons dood vir altyd gelukkig in God se teenwoordigheid sal wees en waar ons met ons geliefdes herenig sal word.
‘Vir die Christen is die hemel die plek waar Jesus is. Ons hoef nie te spekuleer oor waar dit is en hoe dit in die hemel sal wees nie. Dit is genoeg om te weet dat ons daar vir ewig saam met Hom sal wees,’ sê William Barclay tereg.
Hou dus op om jou kop te breek oor besonderhede van die hemel. Al wat jy hoef te weet, is dat jou plek daar reeds voorberei is as jy in Jesus glo (Joh. 14:2-3).
Here Jesus, dankie dat ek nie langer my kop hoef te breek oor waar die hemel is of hoe dit daar sal wees nie. Vir my is dit genoeg dat ek daar vir altyd by U sal wees.
Baie dankie
Sal ek defnitief my familie wat reeds gesterf het daar raakloop en herken? Sal hulle my herken? Ek wonder altyd daaroor.
Nee,geen bewyse
Dood en dan ontbinding. Dit is al
Christus is na Sy opstanding herken deur die mense wat Hom geken het voor Hy gekruisig is. Hy het selfs herkenbare tekens van die kruisiging aan Sy liggaam gehad(gate van die spykers deur Sy hande en die spies in Sy sy, Joh. 20:27).