Gedagte vir die dag: Hy wil náby aan jou leef

Herder_skape_veld_stiltetyd.jpg

Argieffoto (Foto: Carbonchurch.com)

“Wanneer hy (’n herder) al sy skape na buite gelei het, loop hy voor hulle uit, en die skape hou aan om hom te volg omdat hulle sy stem ken.” Hierdie beeld het Jesus vir hulle vertel. (Johannes 10:4, 6a)

God ken jou! Elke deel van jou menswees is in sy hart gegraveer en Hy koester jou met groot liefde en deernis.

Die vraag is: Ken jy Hom? Nie net jy “weet van Hom” omdat jy van kindsbeen van Hom gehoor het, na preke luister en die Woord lees nie. Die vraag is: Ken jy Hom? Soos in: Ek het ’n persoonlike verhouding met Hom. ’n Intieme verhouding waarin ons gereeld met mekaar praat, waar ek beleef dat Hy na my luister en waar ek tyd maak om sý stem te hoor. As jy so intiem saam met Hom leef,

al jy gedurig verras word deur hoe goed Hy jou verstaan en die manier hoe Hy jou persoonlik met Homself bederf.

God ken jou en wíl jou lewe saam met jou leef. Maar net jy kan seker maak dat jy Hóm ken en regtig sy hart hoor. As dit so is, sal jy wéét: Hy is regtig ook jóú Hoop onder alle omstandighede.

Vader-van-my-hart, ek wil U nog meer ken.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.