Wie vestaan?
Job 26:14b
Wie van ons kannie krag vestaan
van goeterse wattie Jirre maak?
Genesis
Innie begin hettie Jirre
alles Self gekom maak.
Ennie aarde was wild,
pikstikdonker en leeg,
en God het sosse wind
oor woeste waterse geja.
Toe’tie Jirre nou gesê:
lat da lig is, ennie lig het lig
in strate tissen dyne gekom lê!
Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne. Dit is deur Hans du Plessis geskryf en deur Lapa Uitgewers uitgegee.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Dankie Skepper Heer, Wonderbare Koning