Gedagte vir die dag:  ’n Leerbare gees

Vrou_strand_stiltetyd_lees-Bybel_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg” (1 Korintiërs 11:1 – AFR83).

In die nastrewing van optimale sukses speel ʼn leerbare gees ʼn onontbeerlike rol. ʼn Lewe van totale oorgawe aan God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees kan nie genoeg beklemtoon word nie. Soos Paulus dit hier tereg stel, beteken dit om Jesus Christus te volg en sy voorbeeld vir ander te stel. Daarom is ʼn lewe van oorgawe nodig, nie net ʼn lewe toegewyd aan die wil van die Vader nie, maar ʼn belofte om ons geestelik in te span om ons Godgegewe doel te bereik.

ʼn Goeie begin tot die leerproses is om die regte vrae te vra. In die Woord vind ons die voorbeeld van die Vader wat aan sy volk die volgende sê,  “… laat ons die saak met mekaar uitmaak…” (Jesaja 1:18), kortom, laat ons die saak uitredeneer. Redenering ontwikkel die gedagtegang. Dit behels die stel van verskillende standpunte, wat dan uitgedaag word.

Dit is belangrik om altyd eerlik met jouself te wees, om jouself nie te bedrieg deur gewillig onkundig deur die lewe te gaan en sodoende nooit jou doel te bereik nie – as gevolg van onontginde talente. Ons moet bereidwillig wees om die moeilike vrae te vra, om by die naakte waarheid uit te kom. Vra jouself af, waar het jy voorheen sukses behaal en waar het jy misluk en voer redes daarvoor aan. Moontlik is die rede vir baie van jou mislukkings in die verlede dat jy buite die wil van die Vader gehandel het.

Die heel belangrikste vraag wat jy jouself kan afvra is: Hoeveel is jy bereid om op te offer vir dit waartoe die Vader jou geroep het. Die vlak van sukses is direk verwant aan die vlak van oorgawe. Waarin jy jou tyd, krag, energie en finansies belê, bepaal jou gedagtegang en uiteindelik jou lewensloop. Wees leerbaar. Wees bereid om objektief na die feite op die tafel te kyk. Bou op jou suksesse. Leer uit vorige mislukkings en bring so gou moontlik die nodige veranderinge aan, om in lyn met God se wil vir jou lewe te kom.

Geskryf deur Alta Strauss
Facebook | Instagram | [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.