ToekomsVenster: Behoort voor bely

gebed-bybel-vrou-landerye-stiltetyd

Foto: Allen Taylor/Unsplash.comebed

“Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir dié wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. Almal wat aan My behoort, behoort aan U; en wie aan U behoort, behoort aan My; en Ek word deur hulle verheerlik.” – Johannes 17:9-10

Die kerk is ʼn uitsonderlike ruimte en word dikwels as ʼn liefdesgemeenskap beskryf. As mense nie liefde en aanvaarding in die kerk beleef nie, waar gaan hulle dit kry?

“Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart.” – Mattheus 11:28

Ter aansluiting by gister se empatiese lewenshouding omdat ons almal op die pad van herstel en genesing is, moet die kerk, die plaaslike gemeente, die erediens by name, ʼn ruimte wees waar mense kan tuiskom. Trouens, het Jesus nie gesê kom na my toe almal wat vermoeid en belas is en ek sal julle rus gee nie?

Jy sal my vergewe as ek die Message se vertaling van daardie teks hier plaas:

“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me – watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.” – Matthew 11:28-30

Is dit nie ʼn merkwaardige vertaling nie, ruimtelik, uitnodigend, vriendelik en vol begrip. Godsdiens en godsdienstigheid kan dit nie aan die soekende hart gee nie.

Daar is soveel mense wat uitgebrand is van probeer om die reëls na te kom, God te probeer behaag, uiterlike voorskrifte ter harte neem net om te konkludeer dat hulle net daarby kan uitkom nie.

Ek self het vir so lank met soveel skuld rondgeloop.

Ek was ernstig oor my geloof, maar die vreugde van kindskap het my bly ontwyk. Dit het vir my gevoel of alles wat ek gedink en gedoen onder ʼn hemelse, of is dit ʼn kerklike vergrootglas, uitgespeel het?

Dit het my moeg en teleurgesteld in God gehad. Iewers langs die pad het die Regverdigingsleer begin om my vry te maak.

Ek is syne, nie oor iets wat ek gedoen het nie, maar oor iets wat Hy gedoen het.

Hy het my nie gevra om eers te verander voordat Hy my sal liefhê nie.

Hy het my uitgenooi en aanvaar net soos ek is!!

Meer as ses en dertig jaar aan die anderkant van tot geloof kom, word die waarheid dat wat Hy in my begin het, ook in jou, tot wasdom sal kom en volledig sal wees die dag as Hy my kom haal, ʼn steeds groter wordende werklikheid.

Tot dan is dit somtyds val en opstaan, maar by Hom is ek veilig, vir altyd veilig.

Sê sy woord dan nie, hulle wat die Vader my gegee het sal niemand uit my Hand ruk nie?

Ons het aanvanklik so gedink oor die kerk en kerk wees.

Glo wat ons glo, doen soos ons doen en praat soos ons praat, dan mag jy behoort. Die paradigma is onhoudbaar en nie Bybels nie.

Ons nooi mense vandag om die ervaring van eg behoort te beleef, om die ruimte wat die gemeente, kerk en erediens bied te beleef, om tuis te kom in die teenwoordigheid van die Here. Dan vloei die belydenis spontaan. “Ek glo, want ek het beleef dat God goed is en goed is sonder end”.

Die Romeinse soldaat wat by Jesus se kruis gewaak het, het eers beleef, en toe vloei die belydenis spontaan. “Waarlik, hierdie man is die Seun van God”.

Mense wat bely, maar nie behoort nie, gee iewers op.

Dalk is dit jou getuienis van en met die kerk.

Bly dan soek totdat jy ʼn geloofsgemeenskap vind wat regtig omgee en gaan daar tuis.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.