ToekomsVenster: Hoor as hulle roep

hand-gee-uitreik-hulp

Foto: Milivanily/Pixabay.com

Julle doen nie reg aan die arm mense nie, julle doen nie reg aan die mense wat hulleself nie kan help nie, julle vat die weduwees en die weeskinders se goed. – Jesaja 10:2

As ons dan georiënteer is met betrekking tot die nuwe jaar en ingekoop het op die gedagte dat ons hier is om ʼn verskil te maak in die lewens van mense – God se mense, alle mense – soek ons oë en luister ons ore om die hulpgeroep van mense raak te hoor.

Die ontstellende opskrif van ʼn artikel in ʼn dagkoerant trek aandag “ ʼn Tiende van SA se kinders lei honger”.

Jy wil seker maak dat dit Suid-Afrika is waarna verwys word. Ons mooi land van braaivleis, sonskyn en rugby.

As die son egter sak, is daar jong outjies wat nie aan die slaap kan raak nie omdat hulle honger is: 2,1 miljoen het nie genoeg kos nie en 22% is vet omdat hulle nie die regte soort voeding kry nie, lees ʼn subopskrif. Dit verteenwoordig 1 uit elke tien kinders in ons geknelde land.

Sowat 65 swart kinders, 31 bruin kinders, 3% wit kinders is honger. Van hulle woon nagenoeg 20% in Gauteng te midde van besige strate, woelige inkopiesentrums, entoesiastiese eredienste en luidrugtige skares by sportgeleenthede. Die bedoeling is nie skuld nie. Dit bring niemand nêrens nie maar eerder inligting, kennis, deernis.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.