Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie. Christene is mense wat die hartstogte en begeertes van hul sondige geaardheid gekruisig het. Ons lewe deur die Gees, daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal. – Galasiërs 5:22-25
Toewydingsoomblik
Dink bietjie na oor wanneer laas jy die vreugde van die Here ervaar het. Gaan haal weer bietjie die vreugde onder al die gebeure, pyn en omstandighede uit wat jou laat vergeet het dat die Heilige Gees hierdie vrug van Sy teenwoordigheid in jou gedeponeer het.
Gebed
Here, ek vestig opnuut my oë op U. U is ook die Voleinder van mý geloof. Die vreugde wat U gee, is blywend en maak my sterk.
Praktyk
Skryf Nehemia 8:10 op ’n kaartjie en plak dit op ’n plek waar jy dit daagliks ’n paar keer sal sien of tik dit as ’n skermboodskap op jou rekenaar. Wanneer iets jou vreugde wil steel, onthou dat die vreugde van die Here jou krag is! Jy fokus op God, nie op mense, dinge of gebeure nie!
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.
Ervaar die vreugde van God se genade!
Help my, Vader om die vrugte van die gees: Liefde, Vriendeikheid, vreugde, vrede, geduld, nederigheid, Sagmoedigheid, Getrouheid en Selfbeheersing aan my naaste voor te sit.
S
tiltetyd se datum is op 3 October op my foon. Is daar probleme met die plasing of is daar fout met my foon. Dankie