ToekomsVenster: Skatte in die hemel

skatkis-geld-horlosie-tyd-skatte

Foto: Annca/Pixabay.com

“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en sit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar.” – Matteus 6:19–21

Raak prakties

Ons as gelowiges kan slegs in die hemel belê deur ’n toegewyde lewe aan Christus en die wil van die Vader. Verder kan gelowiges ook hulle materiële besittings gebruik om veral die armes te ondersteun. Dus beteken dit om skatte bymekaar te maak in die hemel, gehoorsaamheid aan God is. God moet dus gedien word met ’n onverdeelde hart wat my besittings insluit.

Iets om oor na te dink

Dit gaan nie eintlik oor wat ’n mens besit nie, maar eerder oor hoe jy oor jou besittings dink en wat jou gesindheid teenoor jou goed is. Daar is niks fout met materiële dinge op sigself nie. Wat verkeerd mag wees, is ’n mens se verhouding teenoor sy rykdom en besittings. Dis belangrik om te verstaan dat satisfaksie in die lewe nie deur materiële dinge kom wat aan die wêreld behoort nie.

Gebed

Here, baie dankie vir die voorreg om skatte in die hemel bymekaar te kan maak. Help my asseblief om gehoorsaam te wees aan U.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.