Verwyl dié vakansie met Lize Beekman se inkleurboek

Lize Beekman se tweede inkleurboek. Foto: Verskaf

Lize Beekman se tweede inkleurboek. Foto: Verskaf

As jy nie weet hoe om jouself die vakansie besig te hou nie, kan jy gerus Lize Beekman se tweede inkleurboek, Colouring for Adults 2: Mandala Art by Lize Beekman, aankoop.

Dié boek volg op die sukses van die eerste inkleurboek wat dié sanger gepubliseer het. Lize het vroeër aan Maroela Media gesê die teken van die Mandalas, wat verwys na literariese taal, genaamd Sanskrit, is haar redding en manier om die dood van ’n geliefde te verwerk. “’n Ruk ná die uitreiking van die eerste boek het mense vir my begin skryf om dankie te sê vir die vreugde en vrede wat hulle kry uit die inkleur en daarmee saam sommer ook hulle hoop uitgespreek dat ek spoedig vir hulle ‘n tweede boek gereed sal hê,” sê Lize.

Sy sê die reaksie op die inkleurboeke is baie positief. “Ek is verwonderd in dankbaarheid. Ek geniet om te sien hoe mense se kreatiwiteit groei en hoe verdere kreatiwiteit daaruit voortkom. Party raam hul ingekleurde mandalas, ander lamineer dit vir plekmatjies. Iemand het selfs die mandalas gebruik op ʼn stoep as ʼn pragtige fokuspunt.”

Hoewel daar nie ’n groot verskil tussen die twee boeke is nie, bevat die tweede inkleurboek twee bladsye met vier kleiner mandalas op. “Daar is ook vierkantige mandala-ontwerpe. Die res is dieselfde aangesien ek baie goeie terugvoer daaroor gekry het,” sê Lize.

Colouring for Adults 2: Mandala Art by Lize Beekman is beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels en op Lize se webwerf. Die boek bestaan uit tien bladsye wat op hoë gehalte papier van 200 gsm gedruk is. Dit kan met verskillende mediums soos potlode, ink of waterverf ingekleur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.