Seevakansies om ʼn lang jaar mee af te sluit bly maar ʼn gunsteling! Maar as jy wel een van dié is wat ril vir sand tussen jou tone én op elke ding rondom jou, het Suzelle DIY die perfekte truuks om jou en jou gesin se vakansie by die strand ʼn treffer te maak.
Die doen-dit-self-foendi wys onder meer hoe om met slegs ʼn laken ʼn vernuftige sandlose sitspasie te maak, hoe om droë sand maklik van jou af te vee én om ysies van ʼn stokkie af te eet sonder om te mors.
Pas dié nuttige truuks toe en vergeet van 2016!
Lees alle vorige berigte oor Suzelle DIY op Maroela, sluit by haar YouTube-kanaal aan of besoek haar Facebook-blad.
Suzelle en so sal jy als opkikker….baie dankie. Ek kyk en luister eerder na jou oor en oor en oor. hou aan met jou kreatiewe en vindingryke idees, ek probeer elkeen uit en ons het altyd baie fun met dit. Mag jy staan vir president van Creative Land. Jyt al klaar een stem