Wen: ‘Homemakers Fair’ terug vir 30ste bestaansjaar

(Foto: Verskaf)

Die Johannesburg Homemakers Fair word van 1 tot 3 Maart weer by die Kyalami Grand Prix-baan en internasionale konferensiesentrum aangebied.

“Ons is absoluut verheug om ons 30ste bestaansjaar te vier. Oor die jare het ons verskeie kategorieë verken, maar ons het ons ware passie in die huisverbeteringsbedryf gevind. Om die beste in huisverbetering te lewer, is ons sterk punt,” sê Hestelle Robinson, uitvoerende hoof van Homemakers.

Ter viering van dié mylpaal het hulle ʼn skou propvol opwindende uitstallers en verskaffers vir die publiek saamgestel.

“Dit beloof om meer skouspelagtige ervaring as ooit tevore te wees – vir besoekers sowel as uitstallers,” voeg Robinson by.

Die meer as 300 uitstallers bied ʼn groot verskeidenheid huis- en huisverbeteringskatte in. Dit wissel van noodsaaklike boumateriaal tot stylvolle sagte meubels. Daar sal beslis iets vir almal onder een dak te vinde wees.

Vanjaar se Homemakers Fair het nie net uiteenlopende uitstallings, heerlike kos en voortreflike geriewe nie – daar is genoegsame parkeerplek en ’n gerieflike proses vir die aankope van kaartjies.

Robinson skets verder die organiseerders innoverende benadering vir die 2024-geleentheid, waar uitstallers sorgvuldig in sale gegroepeer is.

In die Ervaringspaviljoen, op vlak 3 in saal A, sal besoekers produkte aantref wat al die sintuie betrek, van aanraking tot sig, reuk tot smaak. The Eatery bied ʼn kulinêre reis wat wissel van brood tot kase, speserye tot wyne, en daar sal genoeg geleentheid wees om te proe.

Met die oorgang na vlak 2 is saal B gewy aan sagte meubels en dekoruitstallers. Op hierdie vlak sal besoekers ook saal C vind, wat dien as ʼn tuiste vir beide groot pasgemaakte uitstallings en kleiner spesialis dekorprodukte.

Op die grondvloer staan saal D in die kern van die skou, met kundiges in die jongste huisverbeterings- en opknappingsneigings.

Kosgeesdriftiges sal hul paradys by die Gourmet Circle vind, waar ’n heerlike verskeidenheid feeskos en koswaens wink. Hierdie area sal gons met regstreekse musiek en ook gemaklike sitplek bied.

(Foto: Verskaf)

Nog ’n bron van inspirasie is die Ask the Experts-arena op die uitkykdek. Dit is ’n unieke geleentheid vir besoekers om gratis advies van kundiges in die bedryf in te win. Besoekers word aangemoedig om hul bekommernisse en vrae oor huisverbetering na ’n paneel spesialiste te bring wat gratis konsultasies en advies sal verskaf.

“Volhoubaarheid speel ’n beduidende rol in die daaglikse lewens van Suid-Afrikaners, veral in die lig van elektrisiteit- en watertekorte. Ons sal oplossings uitlig, idees uitruil en inspirasie verskaf vir ʼn meer verantwoordelike en ekovriendelike leefstyl,” sê Robinson.

“Die 2024 Johannesburg Homemakers Fair beloof om in al jou behoeftes te voorsien.”

Die Johannesburgse Homemakers Fair vind van 1 tot 3 Maart plaas. Besoekers kan op Vrydag van 10:00 tot 18:00 die uitstallers kom besoek en Sondag is die skou van 09:00 tot 18:00 oop. Kaartjies kan by www.homemakersonline.co.za/jhbfair/  of by ons kaartjievennoot TIXSA www.tixsa.co.za  gekoop word.

Wen

Twintig Maroela Media-lesers staan die kans om elkeen ʼn dubbelkaartjie na dié Homemakers Fair te wen. Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom vir hierdie is prys, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan die artikel in te vul.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Sondag 18 Februarie om 23:45.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die kompetisie sluit Sondag 18 Februarie om 23:45
  • Wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Lesers wat in die afgelope drie maande ʼn kompetisie op Maroela Media gewen het, sal nie dadelik weer in aanmerking geneem word om die betrokke kompetisie te wen nie.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die prys sluit sleg toegang na die Johannesburgse Homemakers Fair in. Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.
  • Deelnemers moet in Suid-Afrika woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.