Wen: Toets jou kennis met TydToer-bordspeletjie

(Foto: Spoetnik Edms. Bpk.)

Watter een het eerste plaasgevind: die Groot Trek of die Franse Rewolusie? Het Coca-Cola voor of ná die Anglo-Boereoorlog ontstaan? Wanneer is die eerste Suid-Afrikaanse F1-wedren aangebied?

As dié vrae jou belangstelling prikkel, is TydToer die ideale bordspeletjie waarmee jy en jou geliefdes mekaar tydens die afsonderingstyd kan uitdaag.

TydToer is ʼn opvoedkundige tydlynspeletjie wat jou kennis, geheue en vaardighede oor geskiedkundige en ander gebeure toets. Dit is deur Spoetnik Bordspeletjies ontwerp, wat ook die bekende boerdery-bordspeletjie Boereplaas vervaardig het. Boereplaas leer oud en jonk hoe om te boer, ʼn onderneming te bedryf en ontwikkel boonop taal- en wiskundevaardighede.

Daar is 215 kaartjies per TydToer-bordspeletjie wat elkeen ʼn jaartal verteenwoordig. Die kaartjies is in sewe kategorieë verdeel: Ontdekkings en Uitvindings, Oorloë en Konflik, Kuns en Kultuur, Geskiedenis en Politiek, Natuur en Gebeure, Sport en Algemeen.

Die doel is om jou eie tydlyn te bou deur nege kaarte, wat elk ʼn gebeurtenis bevat, in die regte volgorde te rangskik voor jou opponente dit kan vermag. Maar wees versigtig: as jou tydlyn verkeerd is voor jou tydlyn vol is, begin jy van voor af!

Jy moet slim speel en ʼn tydlyn bou voordat ander spelers jou ongespeelde kaartjies met hul Krugerrande aankoop.

Laai TydToer gratis af

Spoetnik het besluit om ʼn beperkte aantal kaartjies gratis vir die publiek beskikbaar te stel. Besoek die webwerf en klik op “Laai nuwe TydToer Demo-speletjie gratis af”. Laai dan 40 speelkaartjies in PDF-formaat af, druk dit uit, plak dit op mekaar, sny dit uit en begin speel. Die reëls van die spel is in ʼn afsonderlike dokument op die webwerf beskikbaar.

Spelers moet ook ʼn dobbelsteen byderhand hou of ʼn dobbelsteen-app op hul selfoon aflaai om te kan speel.

Met die gratis weergawe hoef spelers slegs ses kaartjies te gebruik om ʼn tydlyn te bou, maar wees versigtig: ʼn verkeerde tydlyn voor jy ses kaarte in volgorde kan rangskik, gaan jou duur te staan kom.

Dié video gee meer aanwysings oor die bordspeletjie:

Het jy terugvoer of voorstelle oor die TydToer-bordspeletjie? Laat weet die vervaardigers deur ʼn e-pos na [email protected] te stuur.

Wen

Drie Maroela Media-lesers het elk die kans om ʼn TydToer-bordspeletjie te wen. Al wat jy moet doen om in aanmerking te kom, is om jou besonderhede in die kompetisievorm onderaan hierdie artikel in te tik en die eenvoudige vraag te beantwoord.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 2 Junie 2020 om 23:45.

Bepalings en voorwaardes

  • Die wenners sal deur middel van ʼn trekking aangewys word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal op 3 Junie plaasvind waarna die wenners in kennis gestel sal word.
  • Indien enige van die betrokke persone nie binne 48 uur reageer nie, sal ʼn volgende wenner aangewys word en die oorspronklike wenner sal die prys verbeur.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.