Soorte resepte:

Resep: Blomkool-en-kaasskottel

Blomkool-en-kaasskottel. (Foto: Lapa Uitgewers)

Hierdie blomkool-en-kaas-gereg sal daardie heerlike bord kookkos se laaste kersie op die koek wees.

Genoeg vir 4 tot 6

Bestanddele

  • 500 g blomkool, in blommetjies gebreek
  • 40 g k (35 g) Clover Mooi River-botter
  • ¼ k koekmeel
  • I t (5 ml) sout
  • I ml witpeper
  • I k (250 ml) Clover-volroom- of laevetmelk, warm
  • I00 g Clover Tusser’s-kaas, gerasper
  • I 00 g Clover- beleë cheddarkaas, gerasper

Bolaag

  • 20 g vars witbroodkrummels
  • 1 ml paprika
  • varsgemaalde swartpeper
  • 30 g Clover-cheddarkaas, fyn gerasper
  • 20 g parmesaankaas, fyn gerasper
  • 20 g koue Clover Mooi River-botter, in blokkies gesny

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180˚ C.
  2. Kook die blomkool tot net sag, dreineer en hou eenkant.
  3. Verhit die botter in ’n pan en roer die meel, sout en peper by. Roer aanhoudend en kook vir 2 minute.
  4. Roer die warm melk geleidelik en hou aan met roer. Kook vir 5 minute.
  5. Roer die kaas (cheddar en parmesaan) by totdat dit gesmelt is.
  6. Voeg die blomkool by en roer deur.
  7. Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondvaste bak.
  8. Meng al die bolaagbestanddele, behalwe die botter saam in ’n mengbak.
  9. Strooi die bolaag oor die blomkoolmengsel en stip met botter.
  10. Bak 15 tot 20 minute tot goudbruin en borrelend bo-op.

Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.