Soorte resepte:

Resep: Heuningmosterd-soetpatatgebak

Heuningmosterd-soetpatatgebak (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike, gesonde bykos.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 1,5 kg voorafgestoomde soetpatatstukke

SOUS

  • 150 ml onversoete amandelmelk
  • 50 g amandelbotter
  • 1 t woestyn- of pienk sout
  • 1 t uiepoeier
  • 2 t uievlokkies
  • 2-3 t mosterdpoeier
  • 3 t mosterdsaadjies
  • 2 opgehoopte teelepels gedroogde roosmaryn
  • 2 e olyfolie
  • 2 e rou heuning
  • 1 e vanieljegeursel
  • 2 eiers, geklits

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Spuit ’n oondbak met kossproei.
  3. Rangskik die soetpatat in die bak.
  4. Meng die sous en giet dit oor die patat.
  5. Bak vir 25-30 min tot gaar.

Bron: Karlien kan nie kook nie deur Karlien van Jaarsveld en Izelle Hoffman

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.