Soorte resepte:

Resep: Snoeppannekoekies

Snoeppannekoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Vakansietyd is snoeptyd, so maak seker jy het altyd van hierdie pannekoekies byderhand!

Lewer 16 pannekoekies

Bestanddele

  • 150 ml koekmeel
  • 30 ml mielieblom
  • knippie sout
  • 1 eier
  • 1 eiergeel
  • 15 ml sonneblomolie
  • 125 ml water
  • 125 ml melk
  • sonneblomolie om die pan te smeer
  • vulsel van jou keuse

Metode

  1. Meng die meel, mielieblom en sout in ʼn mengbak. Klits die eier, eiergeel, olie, water en melk saam. Voeg ongeveer die helfte van die vloeistofmengsel by die meel en klits met ʼn draadklitser om ʼn gladde, dik beslag te verkry.
  2. Voeg die oorblywende vloeistof by en klits tot glad. Indien tyd dit toelaat, laat ongeveer 30 minute lank staan voordat dit gebak word. Dit verseker ʼn sagte tekstuur.
  3. Giet ʼn paar druppels olie in die pan en verhit die pan. Smeer die olie egalig oor die panbodem met behulp van ʼn spaan. Skep genoeg beslag in die pan om die bodem egalig te bedek indien dit heen en weer gekantel word.
  4. Bak die pannekoek ongeveer 30 sekondes lank tot liggoudbruin aan die onderkant. Draai om en bak nog 30 sekondes lank. Stapel dit opmekaar en bedek met ʼn doek om klam en buigsaam te bly.
  5. Smeer ongeveer 15 ml van die vulsels van jou keuse oor elke pannekoek. Rol netjies op en steek dit met ʼn peuselstokkie vas of bind dit vas met ʼn repie knoffelgrasui (wat in kookwater saggemaak is om te kan knoop).

Bron: Vatkos deur Carolie de Koster

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.