Soorte resepte:

Resep: Bessiefluweeltjie

Bessiefluweeltjie (Foto: Lapa Uitgewers)

ʼn Lae-GI-drankie wat vir meer energie gedurende die oggend sorg.

Bestanddele

1 porsie

  • 100 ml yskoue water
  • 100 ml ongegeurde laevetjogurt
  • 100 g vars aarbeie, in kwarte gesny
  • 2 skeppies/18 g Ensure- of Lifegain-poeier in vanieljegeur
  • 5 ml suiker of suiwer rou heuning

2 porsies

  • 200 ml yskoue water
  • 200 ml ongegeurde laevetjogurt
  • 200 g vars aarbeie, in kwarte gesny
  • 4 skeppies/36 g Ensure- of Lifegain-poeier in vanieljegeur
  • 10 ml suiker of suiwer rou heuning

Metode

  1. Meng al die bestanddele saam in ʼn versapper tot glad en skuimerig.

Variasie: Vervang die aarbeie met enige ander bessievrugte of vrugte van jou keuse.

Hoe kan ek dit inpak en bêre? Ontbyt-in-ʼn-glas en hierdie bessiefluweeltjie is gesonde ontbyte wat op pad werk toe geniet kan word, of voordat die skoolklok lui. Drink dit so gou moontlik omdat die emulsie mettertyd skei. Giet die drankie in ʼn geïsoleerde flessie om koud te bly terwyl dit vervoer word en hanteer dit met dieselfde sorg as melk.

Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.