Soorte resepte:

Resep: Sjampanje-roomysdrankie

Sjampanje-roomysdrankie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bederf jou kuiergaste met dié heerlike drankie.

Bestanddele

  • 1 e aarbeikonfyt vir elke glas
  • genoeg sjampanje vir al die glase (vir vier mense sal 1 bottel meer as genoeg wees)
  • 1 skep roomys vir elke glas

Metode

  1. Skep die konfyt in elke glas en skep daarna die roomys bo-op. Kantel die glas teen 45 grade en gooi die sjampanje in terwyl jy die glas stadig regop draai.
  2. Gee vir elke gas ook ʼn lepel om van die konfyt onder op die bodem uit te skep.
  3. Hou nog ʼn bottel sjampanje, roomys en aarbeikonfyt byderhand. Almal gaan ʼn tweede glas wil hê.

Bron: Sjef Snoekie laat die potte sing
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.