Soorte resepte:

Resep: 7-minuut-lemoenkoek

7-minuut-lemoenkoek (Foto: Gerrit Steyn)

Maroela Media-leser Gerrit Steyn het hierdie maklike resep ingestuur. Hy sê die koek is heerlik en klam.

Bestanddele

  • 1 k suiker
  • 1 k bruismeel
  • ¼ t sout
  • 1 k louwarm vars lemoensap
  • 2 eiers
  • 2 e fyn gerasperde lemoenskil
  • 5 e olie
  • 1 gerasperde klein rooi appel
  • 1 t lemoengeursel

7-minuut-lemoenkoek (Foto: Gerrit Steyn)

Metode

  1. Sif die bruismeel en sout saam.Voeg die suiker by en roer die droë bestanddele goed saam.
  2. Roer nou al die nat bestanddele ook by.
  3. Plaas ’n velletjie gesmeerde bakpapier onder in ʼn mikrogolfbak en giet die mengsel daarin.
  4. Mikrogolf die mengsel op volle krag vir sewe minute.
  5. Haal die koek uit die mikrogolf en laat dit vir 10 minute staan om af te koel en keer dan uit op ’n draadrak. Laat heeltemal afkoel voordat jy dit versier.
  6. Die koek behoort mooi uit te rys en kan dan in die helfte deurgesny word, met versiersel tussen die twee lae. Gebruik gewone botterversiersel met suurlemoengeursel en fyn gerasperde lemoenskil.

Wenk:

In plaas daarvan om die koek in twee te verdeel en te versier, kan die volgende gedoen word:

Maak ’n mengsel aan van 1 k suiker, 1 k lemoensap en 1 t lemoengeursel. Kook dit vir ’n paar minute saam en giet dit warm oor die koek nadat dit uit die mikrogolf gehaal is. Bedien as nagereg saam met vla.

Het jy ‘n lekker resep wat jy met ons kan deel? Stuur dit vir ons hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.