Soorte resepte:

Resep: Klapper-en-gemmerroompies

Foto ter illustrasie. (Foto: Megan Allen/Unsplash)

Jou koekblik sal maar vaal wees sonder dié smaaklike koekies.

Lewer 45 koekies.

Bestanddele

  • 180 g (200 ml) botter
  • 140 g (160 ml) strooisuiker
  • 1 eier
  • 155 g (280 ml) koekmeelblom
  • 70 g (125 ml) bruismeel
  • 68 g (185 ml) klapper

Vulsel

  • 60 g (70 ml) botter
  • 15 ml gouestroop
  • 130 g (187,5 ml) versiersuiker, gesif
  • 5 ml gemaalde gemmer

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Klop die botter, suiker en eier saam tot lig en romerig.
  3. Sif die meel, roer die bruismeel en klapper by en meng goed.
  4. Skep die mengsel in ’n spuitsak met ’n sterpunt. Spuit rosette, 4 cm in deursnee ongeveer 4 cm uitmekaar, op gesmeerde bakplate.
  5. Bak vir ongeveer 12-15 minute of tot verbruin.
  6. Laat vir 10 minute op die bakplate afkoel voordat dit verder op ’n draadrakkie afkoel.

Vulsel

  1. Meng die botter en stroop saam tot lig en romerig en voeg die versiersuiker en gemmer by.
  2. Meng dit goed en plak die koekies twee-twee op mekaar met die vulsel.

Bron: 101 kleinkoekies
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.