Soorte resepte:

Resep: Sjokoladekoek met espresso

Sjokoladekoek met espresso. (Foto: verskaf)

Vier Internasionale Sjokoladedag deur ’n heerlike sjokoladekoffiekoek te bak.

Bestanddele

Vir die koek

  • Jy gaan 2 koekpanne nodig hê, elkeen 20 cm in deursnee
  • 100 g sagte botter, plus bietjie vir die koekpanne
  • 275 g suiker
  • 2 groot eiers
  • 200 g koekmeel
  • 75 g kakaopoeier
  • 2 t bakpoeier
  • 125 ml afgekoelde Jacobs Freeze Dried-kitskoffie
  • 125 ml melk
  • Vanieljegeursel

Vir die botterversiersel

  • 125 g koue botter, in blokkies gesny
  • 25 g kakaopoeier
  • 125 g verpoeierde suiker
  • 2‑3 e melk
  • Goeie kwaliteit donkersjokolade vir garnering

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die koekpanne en bedek die bodem met bakpapier. Klits die botter en suiker met ’n klitser tot skuimerig.
  2. Voeg die eiers een op ’n slag by. Klits elke eier behoorlik voordat die volgende een bygevoeg word. Sif die meel, kakaopoeier en bakpoeier in ’n tweede bak. Meng die afgekoelde koffie, melk en vanieljegeursel in ’n derde bak.
  3. Terwyl jy nog meng, voeg die meel en koffiemengsel by die botter-eier-mengsel en meng alles totdat ’n gladde deeg vorm. Gooi die deeg in die twee koekpanne.
  4. Bak die koeke teen 180 °C vir 30‑35 minute of tot goudbruin. Die koeke is reg wanneer hulle terugbons wanneer hulle met ’n vinger gedruk word.
  5. Verwyder die koeke uit die oond, laat dit in die koekpanne afkoel voordat jy dit verwyder. Laat die koeke verder op ʼn draadrakkie afkoel.

Botterversiersel

  1. Smelt die botter in ’n pan oor lae hitte. Voeg die kakaopoeier by en laat dit vir 1‑2 minute prut terwyl jy dit roer. Verwyder van die hitte en laat dit effe afkoel.
  2. Voeg die verpoeierde suiker by die kakaobotter en meng behoorlik. Meng die melk een eetlepel op ’n slag by totdat dit ’n gladde tekstuur het. Laat dit afkoel.
  3. Smeer helfte van die botterversiersuiker op een van die koeke. Plaas die ander koek bo-op en smeer die res van die versiersuiker bo-oor die tweede koek.
  4. Rasper die donkersjokolade en garneer die koek met die sjokoladeskaafsels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.