Soorte resepte:

Resep-video: Grenadellakoekies gepas vir ʼn platsak

Grenadellakoekies gepas vir ʼn platsak. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie koekies smaak soos somer en is heerlik saam met ʼn glas ystee. Die resep sal jou sommer dadelik aan ʼn vakansie by die see herinner, en is geskik om daardie koekblikke heel Desember lank vol te hou.

Die koekies is maklik en goedkoop en sal jou slegs R100 kos as jy die bestanddele by SPAR aankoop. Dié prys* is uitgewerk vir ál die bestanddele (koekies asook versiersuiker).

Die resep maak genoeg vir sowat 30 koekies, afhangende van hoe groot jy jou koekies maak en of jy hulle opmekaar plak of nie.

*Die prys is uitgewerk op sekere SPAR-handelaars se pryse en kan verskil.

Bestanddele

Vir die koekies

  • 185 g margarien, kamertemperatuur
  • 5 ml gerasperde lemoenskil (of suurlemoenskil)
  • 100 g versiersuiker
  • 20 ml grenadellapulp
  • 80 g mielieblom (maizena)
  • 160 g bruismeel

Vulsel (Opsioneel – indien jy twee koekies opmekaar wil plak)

  • 300 g versiersuiker
  • 50 g botter, kamertemperatuur
  • 20 ml grenadellapulp

Metode

  1. Spuit 3 bakplate met kleefwerende kossproei.
  2. Klits die botter, lemoenskil, versiersuiker en grenadellapulp tot lig en romerig.
  3. Voeg die mielieblom en bruismeel by en meng alles goed tot ʼn sagte deeg vorm.
  4. Skep lepelsvol van die deeg in hopies op die voorbereide bakplaat, met sowat 2 cm spasie tussen in.
  5. Laat rus dit in die yskas vir 20 minute.
  6. Voorverhit die oond tot 160 °C.
  7. Bak die koekies vir sowat 12-15 minute of tot ligbruin.
  8. Laat dit afkoel voordat jy die versiersuiker opsit.

Versiersuiker (Opsioneel)

  1. Klits al die bestanddele saam tot sag.
  2. Smeer ʼn lepelvol van die versiersuiker op een koekie en plaas ʼn ander koekie bo-op.
  3. Laat staan die koekies vir sowat 1 uur of tot die vulsel droog is.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ʼn plaaskombuis te omskep.

Dankie aan SPAR wat dié video geborg het. Ons het van SPAR se handelsmerkprodukte vir die bestanddele gebruik, asook produkte uit SPAR se jongste Masterchef-reeks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.