Soorte resepte:

Resep-video: Hoenderpastei

Hoenderpastei (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Daar is min dinge wat ʼn kortpad-resep vir varsgebakte hoenderpastei oor ʼn tuisbly-naweek kan klop. Elana Barker het met ons haar hoenderpasteiresep gedeel.

Bestanddele

  • 1 ½ k mayonnaise
  • 1 blik sampioenroomsop
  • 1 e suurlemoensap
  • 1 k rou skulpienoedels (kook gaar)
  • 1 gaar hoender (ontbeen en gevlok)
  • ½ pak Bacon Kips (in kleiner stukkies gebreek)
  • 1 pak Smoked Beef- of Chutney-aartappelskyfies (in kleiner stukkies gebreek)
  • 1 k cheddarkaas, gerasper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 150 °C.
  2. Meng die mayonnaise, sampioenroomsop en suurlemoensap.
  3. Voeg die hoender en gaar skulpienoedels by en meng alles weer goed.
  4. Voeg nou die Bacon Kips en skyfies by die mengsel (hou ʼn bietjie van die skyfies eenkant om bo-oor die pastei te strooi).
  5. Meng alles goed en gooi in ʼn gesmeerde oondbak.
  6. Strooi die res van die skyfies oor die pastei gevolg deur die cheddarkaas.
  7. Bak in die oond vir sowat 30 minute of totdat die kaas ligbruin en gesmelt is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.