Soorte resepte:

Resep-video: Kaasworsrolletjies

Kaasworsrolletjies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hierdie heerlike, maklike kaasworsrolletjies sal vinnig ʼn familiegunsteling word.

Bestanddele

  • 1 vel gekoopte blaardeeg, ontvries
  • 6 gaar worsies van jou keuse, in stukke van sowat 5 cm gesny
  • 12 velletjies Cheddarkaas
  • 1 eier, geklits

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ʼn bakplaat met kleefwerende kossproei.
  2. Rol die blaardeeg oop en sny dit in repe van sowat 5 cm by 8 cm.
  3. Plaas ʼn velletjie kaas bo op elke stuk blaardeeg.
  4. Rol dan die worsie binne-in die deeg en kaas toe.
  5. Plaas die rolletjies op die voorbereide bakplaat en smeer elkeen met ʼn bietjie van die geklitste eier.
  6. Bak dit in die oond vir sowat 15 minute of tot goudbruin.
  7. Laat dit bietjie afkoel voordat jy dit voorsit.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.