Soorte resepte:

Resep-video: Kondensmelkkoekies

Kondensmelkkoekies. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Hou die koekieblik vol die vakansie met dié maklike resep. Jy kan die koekies met lekkers of kersies opkikker of dit selfs in gesmelte sjokolade doop.

Bestanddele

  • 250 g botter
  • 1 (385 g) blik kondensmelk
  • 1 t vanieljegeursel
  • 400 g koekmeel
  • 90 g mielieblom
  • 1½ t bakpoeier
  • knippie sout

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Klits die botter tot lig en roer die kondensmelk en vanieljegeursel daarby.
  3. Sif die meel, mielieblom, bakpoeier en sout saam en meng met die bottermengsel tot ʼn deeg vorm.
  4. Rol dit in klein bolletjies en plaas dit op ʼn gesmeerde bakplaat.
  5. Druk elke bolletjie plat met vurk.
  6. Bak vir 15 minute tot ligbruin.

Al die Maroela-produkte wat jy in dié video sien, is in ons aanlyn winkel, Die Koöperasie, beskikbaar. Klik hier om dié mooi produkte te koop en jou kombuis in ’n plaaskombuis te omskep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.