Maklike koekies met eenvoudige bestanddele, selfs die kinders kan help uitdruk!
Lewer 24 koekies
Bestanddele
KOEKIES
- 1 k botter, kamertemperatuur
- ½ k strooisuiker
- 2 e suurlemoensap
- 1 middelslag suurlemoen se skil
- knippie sout
- 2 k koekmeel
VERSIERSEL
- 1 k versiersuiker
- 1 ½ e suurlemoensap
- 1 e water
Metode
- Room botter en suiker saam tot sag en lig.
- Meng suurlemoensap, skil en sout by.
- Sif meel by en meng tot ʼn deeg vorm.
- Rol of druk deeg uit op bakpapier en koel vir 15 minute in die yskas af.
- Haal uit yskas, druk koekies uit met koekiedrukker, plaas op groot bakplaat en bak vir 12-15 minute.
- Laat die koekies heeltemal afkoel voordat jy versier.
VERSIERSEL
- Meng al die bestanddele saam om ʼn gladde versiersel te maak. Doop die koekies se bokant in die versiersel en laat dit hard word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Sjoe, dis ‘n reuse taak, ek salueer julle. Sukses met die projek.