Soorte resepte:

Resep: Avokadodoopsous (Guacamole)

Avokadodoopsous. (Foto: Tessa Rampersad/Unsplash)

Dié avokadodoopsous sal beslis ’n treffer by jou volgende vriendebyeenkoms wees.

Bestanddele

  • 2 middelslag, ryp avokado’s
  • 30 ml lemmetjiesap (nie koeldrank nie) of suurlemoensap
  • 1 vars rooirissie, ontpit
  • 1 knoffelhuisie
  • 15 ml gekapte ui
  • 75 ml suurroom
  • 5 ml sout
  • paar druppels Tabascosous
  • gekapte pietersielie, gekapte ui
  • rooi- of swartpeper (garnering)

Metode

  1. Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad. Geur en skep in ’n opdienbak.
  2. Strooi enige garneersel van jou keuse bo-oor, bedek en verkoel tot koud.

Bron: Souse
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.