Soorte resepte:

Resep: Biltongpotjie

Biltongpotjie. (Foto: Lapa Uitgewers)

Geniet hierdie heerlike biltongpotjie spesiaal vir Vrouedag.

Bestanddele

  • 1 x 500 g-pakkie spaghetti of pasta van jou keuse
  • olie om te braai
  • 2 groot uie, gekap
  • 2 x 250 g-pakkies spek, in blokkies gesny
  • 1 kg Cheddarkaas, gerasper
  • 1 kg nat biltong, gekerf
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Kook die pasta in soutwater tot al dente. Dreineer en hou eenkant.
  2. Verhit ʼn bietjie olie in ʼn swartpot en soteer die uie en spek tot die uie deurskynend is.
  3. Skep die pasta terug in die pot en meng dit met die uie en spek. Voeg die kaas by en meng.
  4. Voeg die biltong by en roer deur net voordat jy dit opskep. (As biltong gaar word kan dit moontlik hard en taai word, so voeg heel laaste by.)
  5. Sit dadelik voor.

Bron: Sjef Snoekie laat die potte sing
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Catharina Maria ·

in ons huis gee ‘n pakkie pasta genoeg vir 4 of miskien 5 porsies. 1Kg R120, 1Kg biltong R280, twee pakkies spek R60-100. Nogal duur vir 4 tot 5 porsies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.