Soorte resepte:

Resep: Bloubessie-plaatkoekies

Bloubessie-plaatkoekies. (Foto: Lapa Uitgewers)

Vul jou kombuis met die heerlike geure van bloubessie-plaatkoekies.

Lewer 10 porsies.

Bestanddele

  • 200 g bruismeel
  • 5 ml bakpoeier
  • ‘n knippie sout
  • 1 eier
  • 300 ml melk
  • 10 ml gesmelte botter
  • 150 g (een bakkie) bloubessies
  • gouestroop

Metode

  1. Meng die meel, bakpoeier en sout saam in ‘n groot mengbak. Maak ‘n holte in die middel van die droë bestanddele.
  2. Klits die eier en melk saam en voeg dit by die droë bestanddele. Klits alles saam tot dit ‘n dik beslag vorm.
  3. Roer die gesmelte botter deur.
  4. Voeg die helfte van die bloubessies by en roer liggies deur.
  5. Smeer en verhit ‘n groot, kleefwerende pan oor matige hitte. Skep groot lepels vol van die beslag in die pan. Braai 4 plaatkoekies op ‘n slag.
  6. Braai die plaatkoekies liggies vir ongeveer 3 minute tot daar klein borreltjies op die oppervlak verskyn. Draai die plaatkoekies om en braai vir ‘n verdere 2-3 minute tot goudbruin.
  7. Skep die plaatkoekies uit die pan en bedek dit met handdoekpapier om warm te bly terwyl jy die res braai.
  8. Bedien die plaatkoekies met gouestroop en die res van die bloubessies.

Bron: Vrugte 
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.