Soorte resepte:

Resep: Botterskorsiepasteitjies

Botterskorsiepasteitjies (Foto: Lapa Uitgewers)

Geniet hierdie resep as middagete saam met ʼn vars slaai.

Lewer 6 pasteitjies

Bestanddele

6 pasteitjies

  • 800 g (2 x 400 g-rolle) skilferkorsdeeg

Vulsel

  • 500 g botterskorsie, in klein blokkies gesny
  • 250 ml (1 k) water, verhit
  • 1 ml sout
  • bietjie olie
  • 1 ui, gekap
  • 1 ml droë salie
  • 2 skywe fetakaas, gekrummel
  • swartpeper na smaak

Vir bo-oor

  • 1 eier
  • 45 ml (3 e) volroommelk

Metode

  1. Verhit die water en sout tot kookpunt.
  2. Voeg die botterskorsie by die water, plaas die deksel op en verlaag die stoof se hitte. Stoom oor matige hitte vir ongeveer 20 minute (tot jy dit met ʼn mes kan deursteek).
  3. Dreineer die oortollige water van die botterskorsie en hou eenkant.
  4. Verhit die olie en soteer die ui en salie tot die ui sag is.
  5. Skep die gebraaide ui by die botterskorsie. Voeg die fetakaas en swartpeper by en roer liggies deur tot die bestanddele gemeng is.
  6. Druk 15 cm-sirkels uit die skilferkorsdeeg en voer ses muffinholtes met die deeg uit. Verf die deegrande met water.
  7. Druk sirkels van 11 cm in deursnee uit vir die pasteideksels.
  8. Skep die fetakaasvulsel in die gevoerde muffinholtes en plaas die deegdekseltjies bo-op.
  9. Druk die rande van die pasteidoppies en -deksels teen mekaar. Rond dit af met oorskiet-deegpatrone indien verkies. Gebruik water om die patrone bo-op die pasteitjies vas te plak.

Vir bo-oor

  1. Klits die eier en melk saam, en verf oor die pasteitjies.
  2. Bak vir 25 tot 30 minute tot goudbruin bo-op.
  3. Laat die pasteitjies ‘n bietjie afkoel voor dit uit die muffinpanne verwyder word.
  4. Sit as middagete saam met ʼn slaai voor.

 

Bron: Beste uit Vrouekeur

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.