Soorte resepte:

Resep: Hoender-Caesar-slaai

Foto ter illustrasie. (Foto: Chris Tweten/Unsplash)

Vervang daardie pousetoebie met ʼn vars hoenderslaai.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele

  • 375 ml karringmelk
  • 30 ml suurlemoensap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 60 ml fyngerasperde parmesaankaas
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 ontbeende hoenderborsies
  • 1 x 60 g-pakkie croutons
  • 60 ml mayonnaise
  • 180 g (1 sakkie) slaaiblare

Metode

  1. Meng die karringmelk, suurlemoensap, knoffel en parmesaankaas. Geur na smaak met sout en peper.
  2. Plaas die hoender in ‘n herseëlbare plastieksakkie en giet 250 ml van die sous oor. Hou die oorblywende 125 ml van die sous vir die slaai. Laat die hoender vir 2 uur in die yskas marineer.
  3. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ‘n bakplaat met foelie uit.
  4. Verwyder die hoender uit die marinade en rangskik dit op die voorbereide bakplaat. Geur na smaak. Bak vir 20-25 minute of tot die vleis deurgaar is.
  5. Verwyder uit die oond, laat die vleis vir 5 minute rus en sny dit diagonaal in skyfies.
  6. Meng die oorblywende slaaisous met die mayonnaise.
  7. Pak die slaaiblare op ‘n bord, gevolg deur die hoender en croutons. Drup die slaaisous oor en meng sodat al die bestanddele bedek is.
  8. Bedien dadelik.

Bron: 50 Hoendergeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.