Soorte resepte:

Resep: Kaaspoffertjies

Foto ter illustrasie. (Foto: Fabiano Pimentel/Pixabay)

Hierdie versnapering is nie net heerlik nie, maar maklik om aan mekaar te slaan ook.

Genoeg vir 12 poffertjies.

Bestanddele

  • 1 eier
  • 250 ml melk
  • 250 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 100 g gerasperde Cheddarkaas (250 ml)
  • ekstra gerasperde kaas of rooipeper vir garnering

Metode

  1. Stel die oond op 180 °C en smeer ’n muffinpan liggies met botter.
  2. Breek die eier in ʼn maatbeker van ten minste 250 ml in grootte en klits dit met ‘n vurk. Maak die beker vol melk tot by die 250 ml-merk.
  3. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en roer die kaas by.
  4. Roer die eier-en-melkmengsel by. Meng dit liggies, maar deeglik.
  5. Skep ʼn groot lepel vol beslag in elke holte van die pan en strooi ʼn bietjie gerasperde kaas of rooipeper oor elkeen.
  6. Bak dit 7 tot 10 minute lank.
  7. Sit dit warm of koud voor met konfyt, gerasperde kaas of smeer waarvan jy hou.

Bron: Nie vir ma’s nie
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

bolletjie blom ·

Ek het die poffertjies gister op vrouedag gebak. Dit is vespot maklik en vinnig. Sommer ook baie lekker

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.