“Die oproep, afkomstig van die Gouritz-kusgebied aan die Kaapse kuslyn, het nie veel inligting gegee nie. Die vaartuig se naam, ligging en aantal mense aan boord was onduidelik.”
Lees meerAlles vir Dinsdag 8 Augustus 2023
Nog ʼn polisiebeampte gevonnis vir George Floyd se moord
“Ek het gehoop dat hy ʼn bietjie meer berou, spyt en die erkenning van die een of ander verantwoordelikheid sou toon.”
Prins Buthelezi sterk stadig maar seker aan
Die familie sê hoewel die prins nog in die intensiewesorgeenheid is, is hulle bemoedig deur die vordering wat hy tot dusver gemaak het.
Taxi-staking: 5 moorde, 120 inhegtenisnemings
Verder is altesaam 53 minibustaxi’s Maandag naby die lughawe geskut.
Vrouewedloop bly in slag oor taxi-staking
Volgens die organiseerders is die kansellasie genoodsaak omdat die staking ’n ernstige veiligheidsprobleem vir alle hardlopers, werkers en verskaffers van die byeenkoms inhou.
ToekomsVenster: Om soos sout te wees
Weet die mense rondom jou, in jou vriendekring, by die werk, ja selfs in die gemeente, dat jy ʼn oortuigde Christen is? Sal mense wat probleme ervaar jou nader omdat jy ʼn Christen is en hulle bes moontlik sal kan help?
Bokke se 33 aangewys
Jacques Nienaber se Springbok-groep sluit 12 spelers in wat hul Wêreldbeker-buiging sal maak, maar ervare strydrosse soos Handré Pollard, Lukhanyo Am en Lood de Jager sal die internasionale rugbyskouspel misloop.
Damsak® Reservoirs: Beskerming van SA sektore gedurende die groeiende waterkrisis
Te midde van die waterkrisis bied Damsak® Reservoirs hoop aan boere en landboubesighede in Suid-Afrika.
Kaapstad, Tshwane geloof vir standpunt teen geweld
Die werkgewersvereniging Neasa sê Kaapstad en Tshwane is geseënd met “uitnemende” burgemeesters.
Dierekliniek hou deure oop ondanks taxi-chaos
Die kliniek se werkers is verskeie kere met die dood gedreig, maar ondanks die chaos en dreigemente het hulle steeds elke dag by die werk opgedaag om siek en hawelose diere te versorg.
Thabo Bester, dr. Nandi danig in hof
Thabo Bester se regsverteenwoordiger het aangevoer sy kliënt is tydens sy inhegtenisneming in Tanzanië van altesaam R40,14 miljoen in kontant en luukse items, soos horlosies en sonbrille, beroof.
Só staan sake weens staking in Tshwane
“Die gemeenskappe en buurte waar dienslewering ontwrig word, dink hulle moet alleen hierdeur gaan en dat die stad sy rug op hulle gedraai het. Ek verseker julle dat dit nie waar is nie.”
Geen keer aan Toyota se GR-produkte
Toyota se jongste GR-modelle is die GR-Supra en GR-Corolla.
Twee Gautengse leerders neem eie lewe
Een van die leerders was by ʼn korrektiewe sentrum vir jeugdiges ten tyde van die voorval.
Hier is die jongste beurtkragskedule
Eskom sal na verwagting beurtkrag vandeesweek verder afskaal – net betyds vir Vrouedag.
Talle Safta-benoemings vir ‘Hotel’, ‘Diepe waters’
“Suidooster” is verlede jaar aangewys as die beste Suid-Afrikaanse sepie en is weer in dieselfde kategorie saam met “Binnelanders” en “Scandal!” benoem.
Neem ’n matrieksafari in die Bosveld
Jou alternatief is ʼn week in die Bosveld, in die middel van die Waterberge, daar waar jy werklik naby aan God en sy skepping gaan wees en in harmonie met ander wat soos jy dink om die volgende fase van julle lewe te beplan, want dit is vir seker uiters opwindend en vol uitdagings.
ANC kan nie koalisies vooruitloop
Die veelpartykoalisie, bestaande uit onder meer die DA, die VF Plus en ActionSA, is bekommerd dat die kwessie oor koalisieregerings vooruitgeloop is nog voordat daar behoorlik daaroor beraadslaag is.
Groot marakas op dié Top-20
Snotkop maak die week sy verskyning op die Top-20 met “Marakas”, en Appel se “Foute” bly vir eers nommer een.
Aussies trots op hul netbaldiamante
“Wanneer jy vir die Diamonds speel, is jy maar tog te bewus van die feit dat mense van jou verwag om suksesvol te wees.”