Thabo Bester, dr. Nandi danig in hof

Thabo Bester en sy vriendin, dr. Nandipha Magudumana vir die eerste keer saam in die hof. (Foto: Becker Semela/GroundUP)

Thabo Bester en sy vriendin, dr. Nandipha Magudumana, was heel danig met mekaar toe hulle Dinsdag vir die eerste keer sedert hul inhegtenisneming in April vanjaar saam in die beskuldigdebank van die Bloemfonteinse landdroshof ingeskuif het.

Die paartjie het voor hul en hul sewe medebeskuldigdes se verskyning vanoggend net oë vir mekaar gehad en in ʼn stadium hande in die beskuldigdebank vasgehou.

Die twee se onderskeie regsverteenwoordigers het later in die hof aangevoer dat Bester en Magudumana onmenslik in aanhouding behandel is.

Bester se regsverteenwoordiger, Kabelo Matee, het aan die hof gesê sy kliënt word 23 uur per dag geboei terwyl hy in ʼn sel by die Kgosi Mampuru-gevangenis aangehou word. Bester het Matee intussen opdrag gegee om die hooggeregshof te nader oor die “onmenslike toestande” waarin hy aangehou word.

Thabo Bester en sy vriendin, dr. Nandipha Magudumana, vir die eerste keer saam in die hof. (Foto: Skermgreep)

Landdros Estelle de Lange het in reaksie op die klagte gesê sy sal die betrokke owerhede daaraan herinner dat ʼn gevangene nie geboei in ʼn geslote sel aangehou mag word nie.

Machini Motloung, wat Magudumana verteenwoordig, het weer gesê die manier waarop sy kliënt Dinsdag na die hof vervoer is, het “al die bestanddele van vernedering bevat”.

“Dit was onmenslik,” het Motloung aangevoer.

Hy het aan die hof gesê dat sy kliënt vanoggend vir die eerste keer geboei was terwyl sy na die hof gebring is. Motloung het dit as onveilig bestempel aangesien Magudumana glo nie kon keer wanneer die vangwa remme aangeslaan of om draaie gegaan het nie.

Staatsaanklaer Sello Mathloko het gesê hy was nie bewus van die probleem met Magudumana se vervoer nie en sal die kwessie met senior offisiere van die polisie opneem.

Bester glo van R40 miljoen in kontant, luukse goedere beroof

Thabo Bester en sy vriendin, dr. Nandipha Magudumana, hou hande vas in die hof. (Foto: Skermgreep)

Matee het ook tydens die verskyning aangevoer dat sy kliënt ten tyde van sy inhegtenisneming in Tanzanië van altesaam R40,14 miljoen in kontant en luukse items – waaronder twee Rolex-horlosies, ʼn Louis Vuitton-skootrekenaarsak en ontwerpersonbrille – beroof is.

Die gesteelde items sluit in:

  • iPhone 14 Pro Max, ter waarde van R36 000
  • Samsung S32, ter waarde van R23 000
  • Samsung Z4, ter waarde van R40 000
  • Ipad 16, ter waarde van R18 000
  • Macbook air 16, ter waarde van R12 500
  • Macbook pro 16, ter waarde van R34 000
  • Burberry-kaarthouer, ter waarde van R15 500
  • Bravery-sonbril, ter waarde van R11 500
  • Tom Ford-sonbril, ter waarde van R9 500
  • HP-skootrekenaar, ter waarde van R41 000
  • Louis Vuitton-skootrekenaarsak, ter waarde van R51 000
  • Trouring ter waarde van R350 000
  • 2 x Apex 2-horlosies, elk ter waarde van R2,5 miljoen
  • 2 x FM-horlosies, elk ter waarde van R2,5 miljoen
  • 2 x Rolex Oyster-horlosies, elk ter waarde van R2,6 miljoen
  • PP-horlosie, ter waarde van R1,9 miljoen
  • Kontant, Suid-Afrikaanse rand, R295 000
  • Kontant, Tanzaniese sjieling, 7,2 miljoen (R54 668)
  • Kontant, Zambiese kwacha, 1,4 miljoen (R1,4 miljoen)
  • Kontant, euro, 500 000 (R10,3 miljoen)
  • Kontant, Switserse frank, 150 000 (R3,2 miljoen)

Die saak is tot 11 Oktober uitgestel.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp gepubliseer en word met vergunning hier gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Charles ·

Hulle lyk so gelukkig en in hul noppies, dat ek sweer, as ek nie van beter geweet het nie, ek hierdie as “fake news” sou bestempel het.

Ronél ·

Goeie vraag, genoeg gehad vir omkopery van amptenare by die grens???

blia ·

Natuurlik op dieselfde manier as wat hy uit die tront gekom het. ‘n Harry Houdini nommertjie.

Oros Soros ·

En waar sou hy aan die klomp geld en eiendom gekom het? Wettiglik? Nee, want dan sou hy belasting daarop moes betaal. Is dit ook nie oortreding van valuta wette om soveel geld en bates die land uit te neem sonder magtiging en die nie verklaring daarvan nie?

Charles ·

Hoop hulle is in groter moeilikheid as wat hulle dink hul is, want hulle lyk nie baie bekommerd op die oomblik nie.

Linda ·

Het hy die Lotto geslaan toe hy die hawelose persoon in die tronk aan die brand gesteek het, of het sy dokter vriendin ‘n tender losgelaan met die ANC. Gerieflik is alles wat gebuit is designer goedere wat die Bester hoe bekom het? Waar is sy bewyse? Nou het hulle ewe skielik mense regte.

skurweberg ·

Om hierdie saak te romantiseer is so goed jy teken jou land se doodsfonnis.

Samuel ·

Het hulle nie onmenslik opgetree teenoor die persoon wat verbrand is nie? Nou is hulle skielik engeltjies.

#013 ·

Onmenslik behandel? Verneder? Regtig? Nee wat Thabo Bester verdien om behandel te word soos al sy slag offers.

Charles ·

Iets wat vir my op die oomblik uiters verdag is, is die uitbundige blydskap wat ek op hul gesigte lees. Wat weet hulle wat ons nie weet nie?

Aai ·

Wat ‘n grap hoekom is daai regte nie ontneem wys jou net die is ‘n land vir die kriminele waar hulle regte het.

Charles ·

OK, ek kan verstaan dat wanneer twee kriminele dieselfde daad gepleeg het in totaal, dat hulle saam in die hof verskyn geboei. Word hulle vir presies dieselfde oortredinge op die oomblik aangekla in totaliteit? Vra as n leek.

Johanncb ·

Liewe aarde! Met ál daardie besittings, was dit mos sy doel om uit SA pad te gee!

Delia ·

Die 2 se arrogansie slaan my stom. Vernedering en onmenslik, is woorde wat gebruik word. Wat van die vermoorde verbrande man wat die tronk ingesmokkel is.
En hoe kry n man sonder n ID 40 miljoen rand bymekaar.
Hier is nog n blik wurms wat moet oopgemaak word

DEON ·

Nou hoe verduidelik jy dat ñ tronkvoël en krimineel met daai tipe geld en bates sit. Dieselfde as sekere mense in die land, kom uit die tronk as ryk magnate, ONVERKLAARBAAR.

Tink ·

Regtig?? Nou word hulle onmenslik behandel… het regte..watse regte het n onskuldige man gehad wat gebrand is in n tronk sel?? Vir wat wil hulle nog baklei vir hulle ,nee jong, waar kry hy al die geld terwyl hy in die tronk is?? Hulle moet vrot,en permanent geboei bly!!!!!

Karoo ·

Kyk hoe kyk die twee vir mekaar….. met dit is haar redenasie van dat sy teen haar wil saam met Bester was uit by die venster. Die twee is smoor verlief.

Chavonne ·

so nou word die romanse in die hof afgespeel! magtag man, hulle het iemand vermoor om hom uit te kon kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.