ANC kan nie koalisies vooruitloop

(Argieffoto: Rodger Bosch/AFP)

Die veelpartykoalisie, bestaande uit onder meer die DA, die VF Plus en ActionSA, is bekommerd dat die kwessie oor koalisieregerings vooruitgeloop is nog voordat daar behoorlik daaroor beraadslaag is.

Adj.pres. Paul Mashatile het die afgelope naweek ʼn nasionale dialoog oor koalisieregerings begin om kollektiewe insig oor die kwessie in te win.

Parks Tau, die adjunkminister vir samewerkende regering en tradisionele sake, het hiertydens onthul dat die departement selfs nog voor die nasionale dialoog van stapel gestuur is, ʼn konsepwet daaroor opgestel het.

Verskeie probleme met koalisies op plaaslike regeringsvlak, asook voorstelle oor hoe koalisies gestabiliseer kan word, is in die konsepwetsontwerp vervat.

Mashatile het gesê hy sal graag voorstelle van soveel moontlik Suid-Afrikaners wil inwin om “dit in die komende maande as ʼn raamwerk vir oorweging aan te bied wat dalk in wetgewing kan eindig of nie”.

Die veelpartykoalisie sê hoewel daar sinvolle benaderings bespreek is om bestendigheid in koalisies te verseker, is daar ook elemente van die bespreking wat kommer wek.

“Die veelpartykoalisie sal nie geloofwaardigheid aan ʼn vooropgestelde uitkoms gee wat deur ANC-belynde amptenare opgestel is in die laaste dae van ʼn ANC-meerderheid in die parlement om sy belange in toekomstige koalisies te beskerm nie,” sê die veelpartykoalisie in ʼn gesamentlike verklaring.

Om dié rede beplan die koalisie om die saak volgende week by sy nasionale konvensie verder te bespreek. Die konvensie is bedoel vir al die partye in die koalisie om ʼn voorverkiesingsooreenkoms te bespreek wat vir Suid-Afrikaners ʼn alternatief in volgende jaar se verkiesing sal bied.

“Suid-Afrikaners het ʼn lewensvatbare alternatief nodig wat ʼn meerderheidstem in ʼn verkiesing kan behaal en stabiele en doeltreffende koalisiebestuur ná die 2024-verkiesing kan produseer.”

Mashatile het by die nasionale dialoog gesê dat die gesprekke oor koalisieregerings nog verder gaan uitbrei.

“Hierdie kwessie [die nasionale dialoog] is net die bekendstelling van die dialoog oor koalisies en besprekings hieroor sal oor ons land versprei terwyl ons gesamentlik worstel met die deurslaggewende vraag: Wat doen ons vorentoe om die mense nog beter te dien?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Cherokee ·

Die probleem is, verdwyn in die guns van wie. Moet nie vergeet dat as die anc verdwyn, sal waarskynlik die grootste(?) of ‘n uiters groot hoeveelheid(?) in die rigting van die eff swaai.
Die giftige eff is steeds piepklein. As die anc verdwyn moet dit nie in hul guns wees nie.

JohanR ·

Pasop vir die ANC. Klomp slange in die gras. Kyk mooi uit vir die allerhande goed wat hulle sal probeer voor die 2024 verkiesing.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC het die eens magtige NP by Kodesa uitgeslaan. Die DA, die VF Plus en ActionSA is ook te lig in die broek.

Cherokee ·

Die ANC is in die stoel geplaas deur die NP se ja-stemmers, tydens die referendum.

Cherokee ·

Van wie praat jy? Die ANC ìs in beheer…. ‘n hele rukkie al!

Koos 100 ·

1. Die ANC oplossing vir alles. Kom ons maak ‘n wet daarvoor!
2. Duidelik is hulle bekommered oor 2024 se verkiesing, so begin nou al met beloftes wat hulle weet hul nie sal kan nakom nie. Genoeg oefening al daarvoor gekry.

Chris dupreez ·

Hoe sê David Kramer se een liedjie. ,,Dans met die dood ,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.