Neem ’n matrieksafari in die Bosveld

Beste matrikulant,

Howzit?  Is dit cool om te kan sê: nog net ʼn maand of twee dan is ek vry van alle reëls, ouers wat oor my skouer loer en die aanhoudende gekerm van ʼn kleinboet of sus? Dan kan ek doen wat ek wil, want ek is uit die huis uit.

Dalk? Of dalk nie.

(Foto verskaf)

Die feit is dat dit verseker nog net ʼn maand of twee is en dan is dit boeke toe vir die laaste pylvak van jou skoolloopbaan. Dit is ook feite dat niemand meer oor jou skouer gaan loer nie, én dat jy nie verder hoef te luister na boetie wat sussie se hare trek of sussie wat vir boetie koggel nie. Dit is verseker ook ʼn feit dat jy ʼn nuwe fase van jou lewe betree waarvoor daar nie ʼn e-boek afgelaai kan word of ʼn Instagram-blad wat vir jou leiding gaan gee oor wat volgende nie.

Wil jy werklik jou matriekjaar afsluit soos die meeste met ʼn Ballito, Plett, J-Bay of bootvaart? Dit terwyl jy eintlik jouself moet kondisioneer vir die volgende fase van jou lewe? Dink mooi daaroor.

Jou alternatief is ʼn week in die Bosveld, in die middel van die Waterberge, daar waar jy werklik naby aan God en sy skepping gaan wees en in harmonie met ander wat soos jy dink om die volgende fase van julle lewe te beplan, want dit is vir seker uiters opwindend en vol uitdagings.

Hier kan jy tot laataand by die knetterende vuur sit en kuier saam met enersdenkendes, maar steeds jouself geniet sonder die samedromming van honderde ander.  Getalle is beperk to slegs 25 persone om jou werklik die voordeel te bied van eksklusiwiteit en eenwording met die natuur en wie jy is.  Kom geniet die bosveld en sy bewoners, die enkele aktiwiteite wat aangebied gaan word deur jongmense wat soos jy dink, die gerief van ʼn luukse lodge met hope geriewe, maar bowenal die rustige atmosfeer van jou alma maters.

Formele aktiwiteite word beperk tot maksimum een per dag sodat jy jou eerder kan bepaal by wat jy graag met jou tyd sal wil doen.  Die doelwit is om jou nuwe lewensfase toe te rus met ʼn les of twee vanuit God se skepping – die natuur – sodat dit ʼn positiewe bydrae kan lewer tot dit wat vir jou in die volgende ses weke aanbreek.

Berchtesgaden Game Ranch & Lifestyle Farm nooi jou uit, geagte matrikulant, om vir ʼn week saam met ander sielsgenote die Bosveld te kom ervaar.

Die datum wat jy moet dagboek is van 7 tot 13 Desember, maar onthou die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 November en daar sal net plek vir 25 wees. Doen vandag nog die bespreking by berchtesgaden.co.za/veldskool/matriek-safari.

Waarvoor wag jy nog? Trek jou beste vriend of vriendin nader, bespreek en ons ontvang jou graag in die Bosveld vanaf 7 tot 13 Desember vanjaar.

Vir spoedige terugvoer en navrae WhatsApp jou naam en van asook e-posadres na 083 250 7989 om meer besonderhede en die volledig program.

Bosveldgroete,

Van ʼn oom wat al drie jongmense hierdeur moes lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.