Soorte resepte:

Resep: Klapper-en-roombeskuit

Klapper-en-roombeskuit. (Foto: Lapa Uitgewers)

Vul jou beskuitblik met dié klapper-en-roombeskuit.

Lewer ongeveer 60 stukke beskuit.

Bestanddele

  • 1 kg bruismeel
  • 5 ml sout
  • 375 ml suiker
  • 500 ml klapper
  • 500 g (1 blok) botter
  • 400 g (1 blik) klappermelk
  • 60 ml room
  • 3 eiers

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng die meel, sout, suiker en klapper in ’n groot mengbak.
  3. Smelt die botter en klits die klappermelk, room en eiers stadig by die botter.
  4. Roer die vloeistof by die droë bestanddele en meng tot ’n deeg.
  5. Smeer 2 groot broodpanne en skep die deeg daarin.
  6. Bak vir 60 minute of tot goudbruin en ’n toetspen skoon uitkom.
  7. Laat die beskuit effens in die pannetjies afkoel voor dit uitgekeer word.
  8. Laat die beskuit dan heeltemal afkoel en sny in stukke.
  9. Droog die beskuit oornag in die oond by 70 °C.

Bron: Beskuit
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.