Soorte resepte:

Resep: Komkommerslaai

Komkommerslaai. (Foto: Lapa Uitgewers)

’n Kraakvars komkommerslaai is nie te versmaai nie.

Bestanddele

  • 1 groot of 2 kleiner Engelse komkommers
  • 5 ml sout

Slaaisous

  • 30 ml sonneblom- of olyfolie
  • 15 ml balsamiese, druiwe-, wyn- of witasyn (of ½ asyn en ½ suurlemoensap)
  • ruim knippie suiker

Bykomende bestanddele

  • ± 125 g Mozzarella- of fetakaas, in blokkies gesny
  • 100 ml diagonaal-gesnipperde grasuie
  • 30 ml gekapte kruisement
  • 30 ml gekapte vinkelblare
  • gemaalde swartpeper

Om te garneer

  • kruisement- of vinkelblare
  • paar Peppadews™ in repies gesny (opsioneel vir kleur)

Metode

  1. Sny die komkommer in die lengte in kwarte en dan in dikkerige skywe (5 mm) om wiggies te verkry. Strooi sout liggies oor. Roer en laat 15 minute rus terwyl die res van die bestanddele voorberei word. Dreineer en druk met kombuispapier droog.
  2. Meng die olie en asyn of asynmengsel en suiker.
  3. Sny die kaas in wiggies of blokkies en voeg by die komkommer. Voeg die res van die bestanddele en slaaisous by en meng dit liggies. Verkoel tot bediening.
  4. Garneer met kruisement- of vinkelblare en Peppadews.

Bron: Braaigeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lakemalawi ·

Die broodjie lyk vir my baie meer aanloklik, deel asb die resep met ons?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.